Fritz Joubert Dusquesne
Fritz Joubert Dusquesne
Fritz Joubert Dusquesne. Boereheld. Hartebreker. Baasvegter. Baasspioen. Laksman, vir die Boervolk. Kitchener se Moses. Groot wildjagter, ”lobbyist” in die VSA Senaat, baasspioen vir Duitsland, , “ladies man”, getitel as “con artist”. Die Britse kroon se ewige doring in die vlees .. hul haat hom vandag nog, en probeer steeds sy erfenis verdoesel en verberg !
Fritz Joubert Dusquesne is op 21 September 1877 gebore in Oos Londen, in die destydse Kaapkolonie, deel van die groot Joubert-familie, wat ook verwantskap had aan Generaal Piet Joubert, die Kommandant-Generaal van die ZAR, Friz se oom.
Fritz word groot in Oos Londen distrik en Nylstroom, in die Noord-Transvaal, waar sy ouers heen verhuis om daar te boer. Hy woon universiteit by in Londen, en studeer aan die Koninklike Militêre Akademie in Brussels, België.
Met uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog keer hy terug na die ZAR en sluit aan by die Boeremagte. Hy is deel van etlike veldslae, bv. Bergendal, word gewond by Spioenkop, word gevang by Colenso, ontsnap uit ‘n interneringskamp in Mosambiek (met behulp van die kampkommandant se verliefde dogter !) en gaan na Parys vanwaar hy aansluit by die Britse magte (as Boerespioen) en word in 1901 as Britse offisier na Kaapstad oorgeplaas …Dusquense se moeder en suster word, met Kitchener se konsentrasiekampbeleid uitvoering, vermoor deur die Britte – sy suster op die afgebrande plaas, sy moeder in Nylstroom konsentrasiekamp. Fritz sweer ewige wraak teenoor Kitchener, bevelvoerder van die Britse magte … Hy ondergrawe die Britse magte op etlike terreine en soek vergeefs na ‘n manier om Kitchener by te kom. In die Kaap word Fritz later gevang as deel van ‘n kring Boerespioene en ter dood veroordeel. Met ‘n streek word sy vonnis versag tot lewenslank in die Kasteel, vanwaar hy probeer ontsnap, faal, en word daarna Bermuda toe gestuur. Met behulp van die bekende Anna Outerbridge (aan die hoof van die Boer Relief Campaign) ontsnap hy en gaan na Amerika.
Fritz Dusquesne keer nooit weer terug na sy geboorteland nie, maar sy lojaliteit en haat vir die Britte bly, ongeblus en fel…. Hy word ‘n oorlogskorrespondent tydens die Eerste Wêreldoorlog, en ook ‘n spioen vir Duitsland. Hy is aandadig aan die keldering van etlike skepe, mees belangrik die Hampshire, waarop Veldmaarskalk Horatio Kitchener is, in die Engelse Kanaal. Fritz, wat ook op die Hampshire was, en waarskynlik ‘n ploftoestel geplant het, ontsnap op ‘n Duitse duikboot. Kitchener word verswelg deur die ysige see, sy ewige graf, en Fritz voer sy wraak uit, soos onderneem … Daarvoor ontvang hy die Duitse Ysterkruis vir dapperheid en voortreflike diens.
Dusquesne leef ‘n lang, kleurvolle lewe, hierna. As Amerikaanse burger word hy ‘n groot wildjagter, en vergesel President Teddy Roosevelt op sy Afrika jagtogte. Fritz word ‘n “lobbyist” en bepleit die invoer van Afrika-wild by die VSA Senaat. Hy was ‘n haan onder die henne, en bietjie van ‘n swendelaar, en in die Amerikaanse opset floreer hy.
Tog bly Fritz ‘n getroue Boer. Hy bly ‘n spioen vir Duitsland – sodanig so dat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog gevang en veroordeel word as leier van die grootste Duitse spioenasie ring in die VSA… Hy word tronk toe gestuur, en sterf in 1956 in ‘n hospitaal in New York.
Daar is al, en kan nog, baie boeke geskryf word oor Fritz Joubert Dusquesne, die Swart Luiperd, baas spioen, Boerekrygers, jagter, romantikus en Boere held. Sy erfenis is deur die Afrikaners (wat die Boere-geskiedenis WEEREENS probeer steel het) verdoesel , verswyg en verdag gemaak. Sy romantiese en effe wilde aard en optrede was ON konvensioneel en beslis nie pro-Establishment nie, en Fritz is ‘n totaal onder besonge Boere held, wie se erfenis nie naastenby genoeg geëer word nie.