Die Boer se Reg op sy Land

Die Boer se aanspraak op soewereiniteit, eie grondgebied en onafhanklike selfbestuur – waar kom dit vandaan ?

Die aanvanklike Hollandse (en Duitse en Franse en ander blanke) setlaars aan die Kaap was aanvanklik betaalde amptenare van die VOC, of dan anders doelgerig ingebring om die Kaap te ontwikkel met die doel om die Kompanjie te verryk. Eers in die vroeë 18de eeu was daar die eerste sprake van politieke uitlewing, toe deputasies na die Here 17 (magshebbers oor die VOC) in Nederland gelei het na die verwydering van WA van der Stel as Kaapse Goewerneur. In 1795 is die eerste Boererepublieke van Uitenhage en Graaf Reinet uitgeroep, waarvolgens die burgers hulself as burgers van die onderskeie Republieke in die Kaap beskou het.. Die Britse besetting (1796) het gevolg, en daarna uitbuiting deur Britse gesag (erger nog as die Hollanders !)

Die volksbeweging wat gelei het tot die uiteindelike Groot Trek het uiting gekry in die Manifes van Piet Retief, wat hy dan ook in die openbaar publiseer het – ‘n dokument wat die Emigrante-Boere se voorneme van trek, uitbeweeg onder Britse (en enige ander) gesag uitspel, die redes (Britse onderdrukking en ‘n smagting na soewereiniteit) en hul bona fide intensies om die binneland vredevol en opbouend te beset, deur verdrag en aankope grond te bekom en langdurig daarop te vestig, onder eie, soewereine, opregte volksbestuur.

Ten spyte van die betreklik min oorloë met die inheemse bevolkings, het die Voortrekkers hul grond meesal in vrede, by wyse van verdrag bekom . Die oorlog teen die Matabeles van Silkaats was afgedwing deurdat Silkaats die Boere aangeval het naby vandag se Heilbron – in ‘n buffer strook baie ver vanaf Silkaats se beheerde grondgebied, wat hy by wyse van verowering van ander inheemse bevolking , of besetting van onbewoonde grond, verkry het (dit was die uitloop van die Mfecane oorloë, aanvanklik begin deur die Sjangaans en Khumalo’s van Zwide, voortgesit deur Tsjaka (Zulu) en die Batlokwa mensvreters onder Mantatisi). Die Trekkers se strafekspedisies het gelei tot die ontruiming deur die Matabeles van hul “grondgebied” wat hul na die latere Rhodesië laat verplaas het. Heelwat later het Silkaats se indunas by Hendrik Potgieter kom vrede sweer, kort voor sy afsterwe …

Ander inheemse stamme soos die Tswanas, Barolongs, Swazis, ens. het meesal, na enkele skermutseling in sekere gevalle, by die Trekkers hulp gesoek om van oordadig wrede heersers en moordenaars ontslae te raak en nuwe heersers te verkry – so het die Swazis die Trekkers se hulp ingeroep teen die stroop- en motortogte van die Vendas, en as beloning is die Oos Transvaalse Laeveld as geskenk van Mswati (destydse Swazikoning) aan die Trekkers gegee – ook om ‘n buffer strook tussen die Swazis, Sjangaans (van Mosambiek) en Vendas te bou. Etlike inboorling streke is ook, op eie versoek, deur die Boere geadministreer (tot voordeel van die inheemse bevolkings) omdat daar heelwat onstabiliteit was in erfopvolging ens., wat gelei het tot moord en ander oordadige optrede – so is die moordenaar Mampuru op SY EIE STAM se versoek deur die Transvaalse owerhede tot verhoor gebring , skuldig bevind en tereggestel weens die moord op sy eie broer, sodat Mampuru die alleenheerser kon word – ‘n algemene Afrika gebruik, selfs vandag nog. Sekoekoenieland, vandag se Qwa Qwa, dele van Venda, vele ander, het dieselfde gebruik gemaak van die Europese tipe administrasie wat die koms van die Boere aan hul gebied het, en het gedy daaronder.

Die Boererepublieke is wêreldwyd erken en het diplomatieke status gehad in die meeste Europese en Amerikaanse state – self Brittanje het hul status en soewereiniteit op een of ander stadium erken… en die vonds van minerale in die Transvaal het tot rykdom en mag vir die ZAR gelei …

Hierdie ontwikkelings het die Britse Ryk vreeslik ontstig, omdat hul gehoop het dat die Groot Trek saam met Piet Retief in Dingaanskraal vermoor is. In 1842 beset die Britse Ryk Port Nattal en later annekseer hul die Voortrekker gronde soos verkry met verdrag van Dingaan en later Mpande, Zoeloekonings. Die Vrystaatse en Transvaalse grondgebiede word kort deur Brittanje binnegeval, soms geannekseer, en met groot moeite en soms baie skade eers weer later deur die Britse teruggegee, indien hul nie met geweld verdryf moet word nie … Die invalle wat gelei het tot Majuba, Laingsnek, ook die Jameson inval, was suiwer koloniale ekspansionisme deur die Britte, net soos die Tweede Vryheidsoorlog, (1899-1902) wat uiteindelik gelei het tot die Vrede van Vereeniging, ‘n dokument wat duidelik gekoppel was aan die volksmoord (op die Boere) soos uitgevoer met die Britte se onwettige oorloë en die konsentrasiekampe. Alhoewel die herstel van die Republieke beloof is, het dit nooit gebeur nie, en die Boererepublieke (en die inboorlingronde !) is in 1910 finaal geannekseer deur die Britte en met die 1913 grondwetgewing ingelyf in die Britse Dominium van Suid Afrika. Pogings om dit te herstel (die Rebellie in 1914, en ander oproepe daartoe op verskeie geleenthede daarna) is bloot ignoreer en somtyds met openlike moord onderdruk. Die Britse koningin was erken as staatshoof en het dit gebly totdat HF Verwoerd in 1961 die Republiek van Suid Afrika as onafhanklike, soewereine staat uit Britse domein gelei het.

Maak klets oop
1
Wil jy emansipeer
ZARVOERVOLK
Hi
Wil jy emansipeer